Blog

Boerekos

Sonder enige twyfel was ons keuse vir 'n laaste ete in SA saam as gesin - boerekos. Heerlike droë rooiwyn, pap en kaiings, kerrie skaapafval en wildspastei. Gert Vlok Nel in die agtergrond en goeie geselsskap. (Ma se afval is natuurlik baie lekkerder  ;-)