Blog

Klemetspelet

Opvoering oor Klemet Persson:

Klemet Persson is gebore in Noorweë in 1833. Hy swerf rond en verhuis baie keer, maar vestig hom uiteindelik in Klemet Helleren bo in Leirskardalen vallei, waarskynlik tussen 1888 en1889. Hy was 'n bekende gids vir stappers in die Okstindan gebergte. Onder andere het hy opgetree as gids vir die Franse geoloog Charles Rabot, en saam was die twee van die eerste mense om baie van die pieke in Okstindan, Noord-Noorweë se hoogste bergreeks uit te klim.

Hy was 'n legendariese persoon, en daar word beweer dat hy bonatuurlike vermoëns moes gehad het.  Hy is al beskryf as 'n soort sagmoedige trolman. Onder andere is geglo dat hy 'n vreemde vermoë gehad het om verborge geheime te sien en te verstaan. Dit was gesê dat hy kon toor, maar hy kan ook dokter met kruie en ander metodes.  So is Klemet deur die plaaslike bevolking beide bewonder en gevrees

Saam met sy vrou Anna het Klemet ses kinders gehad. Hulle het in die herfs van 1914 in die grot op Jamtjorda geleë in Leirskardalen vallei huis opgesit.

Dit was met 'n ingang en binne was lewenda hawe aan die een kant en die mense in die ander. Die onderskeid tussen lewensruimtes was twee beukehoutboomstompe. 'n Groot klipblok van ongeveer 70x70 cm het gedien as tafel met klippe vir stoele. Die deur was 'n eenvoudige houtkonstruksie.  Water wat deur 'n skeur in die rots gevloei het was 'n waterbrom vir die lewende hawe en huishouding. 

Beide Klemet en Anna is begrawe in Korgen begraafplaas. Hy sterf in 1915 en sy agt jaar later.