Blog

Lovund

15 April 2017

Die Puffins kom gewoonlik op die 14de April om 16:30 aangevlieg in 'n massiewe swerm. So het ons elke dag van die 13e af uitgekyk vir hulle. Berg op en die ysige wind trotseer. Gepantser met warm klere aan ons lywe, 'n fles koffie, verkyker en kameratoerusting in ons rugsakke. Die 14de was daar 'n hele klompie toeskouers. Op die 15de, bitter min. So het ons gewag totdat dit duidelik was dat hulle nie sou kom nie. So is ons naweek verby en het ons nie 'n enkele Puffin te siene gekry nie. So het die tyd ook aangebreek om weer met die ferrie terug te keer na Stokkvågen. So het die Puffins ook besluit dat die dag wat ons teruggaan dié dag is wat hulle sou arriveer. 🙂