Blog

Bodø - Mo i Rana

‘n Naweek is maar kort, maar ons wou graag meer te siene kry van Nordland noord van Mo i Rana.  Gewapen met uitkampgoed en onder die swaard van slegte weer wat voorspel word vir die naweek pak ons die tradisionele N6 roete Bodø to aan via die Saltfjellet natuurreservaat en verby die Arktiese sirkel sentrum.  Hier maak ons altyd graag ‘n stop en kyk maar saam met die res van die toeriste na die snuisterye wat te koop aangebied word. Salfjellet-Svartisen is een van die parke in Noorweë met mees variënde terrein en soos tradisioneel hier, is toegang gratis.  In die park self kan jy voetslaan, bergklim en uitkamp net waar jy wil.  Vir kos kan jy ‘n permit kry om vis te vang en dan is bessies en sampioene gratis kos uit die natuur. Net voor Saltdal kies ons om af te wyk van die hoof N6 en kies roete 812 wat deur asemrowende passe ons uiteindelik verby Misværfjorden tot by Saltstraumen neem waar ons die volgende twee nagte oornag terwyl ons die omgewing om Bodø verken. Saterdag besoek ons die pragtige versteekte strandjie Mjelle asook die historiese handelsdorpie Kjerringøy noord van Bodø. Sondag-oggend met reën in die lug pak ons die pad terug Mo i Rana toe aan, maar die keer volg ons die kusroete wat kronkel om tallose fjords en onderbreek word deur twee ferrie-bootritte.  Die eerste een van Forøy tot by Ågskardet en die tweede, langer een van Jetvik tot Kilboghamn.  Die laaste paar km sluit ons oudergewoonte af langs die Ranafjorden wat 50km ver insny vanaf die see tot in ons dorpie.

‘n Naweek is maar kort, maar ons wou graag meer te siene kry van Nordland noord van Mo i Rana.  Gewapen met uitkampgoed en onder die swaard van slegte weer wat voorspel word vir die naweek pak ons die tradisionele N6 roete Bodø to aan via die Saltfjellet natuurreservaat en verby die Arktiese sirkel sentrum.  Hier maak ons altyd graag ‘n stop en kyk maar saam met die res van die toeriste na die snuisterye wat te koop aangebied word.

Salfjellet-Svartisen is een van die parke in Noorweë met mees variënde terrein en soos tradisioneel hier, is toegang gratis.  In die park self kan jy voetslaan, bergklim en uitkamp net waar jy wil.  Vir kos kan jy ‘n permit kry om vis te vang en dan is bessies en sampioene gratis kos uit die natuur.

Net voor Saltdal kies ons om af te wyk van die hoof N6 en kies roete 812 wat deur asemrowende passe ons uiteindelik verby Misværfjorden tot by Saltstraumen neem waar ons die volgende twee nagte oornag terwyl ons die omgewing om Bodø verken. Saterdag besoek ons die pragtige versteekte strandjie Mjelle asook die historiese handelsdorpie Kjerringøy noord van Bodø.

Sondag-oggend met reën in die lug pak ons die pad terug Mo i Rana toe aan, maar die keer volg ons die kusroete wat kronkel om tallose fjords en onderbreek word deur twee ferrie-bootritte.  Die eerste een van Forøy tot by Ågskardet en die tweede, langer een van Jetvik tot Kilboghamn.  Die laaste paar km sluit ons oudergewoonte af langs die Ranafjorden wat 50km ver insny vanaf die see tot in ons dorpie.


Svartisen Glacier