Blog

Torget


Torghatten

Die legende van Torghatten: Die buitengewone gat in die rots is gemaak deur Hestmannen se pyl.

Hestmannen het een aand Lekamøya en die sewe susters gesien swem in die see naby Landego. Lekamøya se oë het 'n vlammende begeerte in Hestmannen wakker gemaak en hy besluit daar en dan om haar middernag te steel. Te perd galop hy suidwaarts in sy volle wapenrusting en sy mantel geslinger oor sy skouer. Die sewe maagde gewaar sy benadering en vlug totdat hulle nie meer kon loop nie. Hulle het neer geval op die grond naby Alstahaug.
Maar Lekamøya het aanhou om suidwaarts te vlug terwyl die koning van Sømna haar sien vlug het. Net voor sonsopkoms met goue wolke reeds in die lug het Sømna gesien hoe Hetmannen (die teleurgesteld minnaar) versigtig 'n pyl in sy boog sit. Toe die pyl uit die boog skiet het die koning van Sømna sy hoed in die lug opgegooi en sodoende die pyl blokkeer en so spaar hy Lekamøya van die skerp en dodelike punt.
Die hoed het op die grond geval deur Torgar. En net op daardie oomblik die son oor die horison verskyn en alles het in klip verander ..

Foto © visitnorway.com

Foto © visitnorway.com